HomeProp logoHomeProp
South African property portal
For Sale · House

Eksklusiewe Mandaat !!! 3-slaapkamer, 2-badkamer Chromadek staal dak woning NOU TE KOOP

R 1 945 000

Mookgopong, Gauteng

3Bedrooms
2Bathrooms
1Parking
128 m²Floor Size
Eksklusiewe Mandaat !!!  3-slaapkamer, 2-badkamer Chromadek staal dak woning NOU TE KOOP
Statusactive
Property TypeHouse
ProvinceGauteng
AddressF90 F90 zebra street

About this property

Jou eie vrystaande woning in Die Oog Aftree Landgoed, geleë aan die voet van die Waterberge, wag net vir jou. Hier word die rustige Bosveld-leefstyl en moderne gerief op die mooiste manier saamgevoeg. Met die intrapslag voel jy reeds tuis. Die ruim oopplan-uitleg met die stylvolle geteëlde leefarea skep ’n warm en uitnodigende atmosfeer. Skuifdeure open na ’n prentjiemooi kuierstoep met ingeboude braai, gedeeltelik toegemaak vir gemak in alle seisoene, en vloei na ’n pragtig versorgde tuin wat ’n gevoel van rustigheid, privaatheid en vrede bied. Die keurige kombuis is ’n ware hoogtepunt, met meer as genoeg kasruimte vir al jou kosbare items, plek vir ’n yskas/vrieskas, asook ’n splinternuwe Bosch-oond en 4-plaat gasstoof – perfek vir diegene wat graag kook , bak en onthaal. Hierdie pragwoning bied ook uitstekende ekstra geriewe: 5 dakwaaiers vir die warm somersdae 4 skuifdeure wat volop natuurlike lig en vars lug inlaat Solar-kragstelsel Hittepomp vir die geiser vir ekstra energiebesparing Rolstoelvriendelike ontwerp met ruim deure vir gemaklik toegang Praktiese buite opwasarea onder n gedeeltelike afdak, met genoeg ruimte vir die wasmasjien en tuimeldroeer. Die drie slaapkamers is werklik iets besonders. Van kamers met skuifdeure wat oopmaak na die netjiese tuin, tot ruim ingeboude kaste, straal elke vertrek gemak en styl uit. Hierdie huis kan in een woord besktyf word as Asemrowed !!! Die hoofslaapkamer beskik oor ’n volledige en-suite badkamer, terwyl ’n smaakvolle gastebadkamer met stort addisionele gerief bied. Voltooi hierdie perfekte prentjie met: Enkel motorhuis met afstandbeheerde garagedeur Enkel afdakparkering Addisionele parkeerplek vir ’n kuiergas Dit is die wenkombinasie vir jou droomvervulde alternatiewe aftreehuis in ’Die Goed Beveiligde Landgoed. Vir alles en nog meer wat Die Oog jou kan bied,skakel vandag – moenie uitstel nie! Ek vertel jou graag meer en reël met plesier ’n besigtigin .