HomeProp logoHomeProp
South African property portal
For Sale · House

Eksklusiewe Mandaat !!! Die Oog ' Alternatiewe Aftrede Leefstyl

R 1 090 000

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

2Bedrooms
2Bathrooms
1Parking
110 m²Floor Size
Eksklusiewe Mandaat !!! Die Oog ' Alternatiewe Aftrede Leefstyl
Statusactive
Property TypeHouse
ProvinceLimpopo
Address154 154 blousysie

About this property

Welkom by ’die woning waar ruimte, rustigheid en Boshveld-sjarme saamvloei om die perfekte aftreeleefstyl te skep. Die woning bied: - 2 Slaapkamers 2 Badkamers Ruim familie kamer Afsonderlike TV-kamer Eetkamer Volledige kombuis met ekstra ooghoogte-oond Veelsydige loft – ideaal as gastekamer, studeerkamer of stokperdjie-ruimte Enkel Afdak Hierdie ruim vloerplan bied 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n veelsydige loft-kamer, alles ontwerp om gemaklike en ontspanne leefruimte te verseker — sonder enige ingehokte gevoel. Met die intrapslag word jy verwelkom deur ’n ruim familie kamer gevul met natuurlike lig wat deur die groot vensters instroom. Vanuit die leefarea open ’n skuifdeur na jou kuierstoep, waar die mooiste uitsig jou begroet. Hier kan jy daagliks die pragtige natuurlike plantegroei, voëllewe en selfs die vrylopende wild geniet — ’n unieke ervaring wat deel word van jou alledaagse lewe. Inwoners geniet toegang tot ’n wye reeks geriewe en aktiwiteite, insluitend: Sorgsentrum met sekere weeklikse dienste Verhitte swembad Natuurreservaat en stap roetes Restaurant, wegneemetes en kontantwinkel Biblioteek Haarsalon Aktiwiteite soos Jukskei, lyndans, boogskiet en nog vele meer Al hierdie geriewe is in maklike loop afstand vanaf hierdie woning Hierdie is nie net ’n huis nie — dit is ’n leefstyl. Kom ervaar die saamwees, veiligheid en unieke atmosfeer van hierdie alternatiewe aftreelewe. Skakel my gerus — ek wys jou graag meer van alles wat Die Oog so uniek maak.