HomeProp logoHomeProp
South African property portal
For Sale · Retirement Unit

Caravan stand with private ablution

R 157 000

Driefontein AH, Gauteng

0Bedrooms
1Bathrooms
1Parking
555 m²Floor Size
Caravan stand with private ablution
Statusactive
Property TypeRetirement Unit
ProvinceGauteng
Addressw16A 21 Mineralebronnepad

About this property

Kammaland Estate / Landgoed, is ‘n aftreeplek and vakansieoord, so 17km vanaf Mookgopong (Naboomspruit). Hierdie karavaan het ‘n onderdak staanplek van so 6.5m x 4m asook ‘n afdak vir ‘n voertuig. Eienaar beskik oor eie privaat ablusiegeriewe, naamlik ’n opwasarea en stortkamer. Daar is voldoende ruimte in die opwasarea vir ’n yskas. Voorafbetaalde elektrisiteit en ’n gasgeiser is geïnstalleer. Aanbouings en verandering word toegelaat. Die lae maandelikse heffing sluit gebouversekering, water, instandhouding van die gemeenskaplike areas, ensovoorts in. Of u nou op soek is na ’n permanente woning in ’n ondersteunende gemeenskap of ’n rustige vakansiewegbreek, hierdie eiendom bied ’n uitstekende geleentheid. Klein troeteldiere word toegelaat. Die landgoed is bekend vir sy inheemse bosveldbome, volop voëllewe en vrylopende wild, wat inwoners ’n ware ontsnapping van die stadslewe bied. Inwoners het toegang tot ’n verhitte binnenshuise swembad asook ’n sprankelende kouewaterswembad, gemeenskaplike braaigeriewe en piekniekareas. Beheerde toegang. Putt-puttbaan, jukskeibaan en sportveld. Kinderspeelpark. Opelugkerkie – ’n pragtige en rustige plek vir nadenke en besinning. Saal vir byeenkomste en privaat funksies. Klein honde word toegelaat. Lae maandelikse heffing. Voorafbetaalde elektrisiteit. Kammaland Estate is ’n geregistreerde aandeelblok-entiteit waar eienaars aandele in die maatskappy koop. Geen hereregte is betaalbaar nie; slegs ’n administratiewe fooi word gehef. Kammaland Estate is ’n plek waar bure hegte vriende word en elke dag soos ’n wegbreek voel. Dit is ideaal as ’n permanente aftreeplek, ’n naweekwegbreek of ’n beleggingsgeleentheid om ekstra inkomste te genereer. Slegs kontantkopers. Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kontak my vandag om ’n besigtiging te reël!